Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

1 Timothy 2

:
Afrikaans - ABA
1 Ek dit is belangrik dat julle vir al die mense moet bid. vir God wat hulle nodig het, vra vir God om hulle te help en ook vir God dankie vir hulle.
2 Julle moet bid vir konings en vir almal wat oor julle regeer. Julle moet dit doen sodat ons stil en rustig kan lewe terwyl ons vir God dien en lewe soos Hy wil hê.
3 Wanneer julle bid, dan is dit reg. God, ons Redder, wil dit so hê.
4 God wil graag al die mense red en Hy wil dat hulle moet weet wat die waarheid is.
5 Die waarheid is: Daar is net één God en daar is net één Persoon wat God en die mense bymekaar kan bring, dit is die mens Christus Jesus.
6 Hy het sy lewe gegee en Hy het gesterf om al die mense vry te maak. So het Hy gewys dat die regte tyd gekom het.
7 Daarom het Christus Jesus my gekies en aangestel om die goeie boodskap te bring vir die mense wat nie Jode is nie, en om 'n apostel te wees. Ek lieg nie as ek dit nie, ek praat die waarheid. Ek moet ook vir húlle die waarheid leer en ek moet vir hulle leer wat dit beteken om in Christus te glo.
8 Ek wil die mans wat hulleself aan die Here wy, moet tot die Here bid. Hulle moet hulle hande ophou na die hemel en hulle moet bid op elke plek waar hulle bymekaarkom. Hulle moenie vir mekaar kwaad word en stry nie.
9 Ek wil ook dat vroue mooi moet wees omdat hulle die regte klere dra, klere wat wys dat hulle nie slegte vroue is nie en dat hulle mooi maniere het. Hulle moenie hulle hare so mooi vleg dat almal altyd daarna wil kyk nie, en hulle moenie goue juwele of pêrels of baie duur klere dra nie.
10 Nee, vroue wat dat hulle vir God dien, moet goeie dinge vir ander mense doen, en moet hulle mooi wees.
11 Wanneer die gemeente bymekaar is, dan moet 'n vrou stil en gehoorsaam wees, sy moet altyd luister na wat die leiers in die gemeente sê.
12 Ek wil nie dat 'n vrou vir ander mense moet leer nie en sy moenie vir 'n man wat hy moet doen nie. Nee, sy moet stil wees.
13 Want God het eerste vir Adam gemaak, daarna het Hy vir Eva gemaak.
14 Die slang het nie vir Adam verlei nie, die slang het die vrou verlei. En toe het sy verkeerd gedoen.
15 Maar die Here sal vroue beskerm wanneer hulle kinders kry, vroue wat aanhou glo en lief is vir mense, vroue wat hulleself aan die Here wy en wat nederig is.